Intensiewe vorme (of intensiewe adjektiewe) is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad. Dit word gebruik om ‘n sin trefkrag te gee. ‘n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken.
In Afrikaans word intensiewe vorme altyd vas geskryf, behalwe by wawyd oop, nugter wakker en alom bekend.
Gee die intensiewe vorme van die onderstreepte woorde