Atletiek

Lees en antwoord die vrae.

atletiek

Peter hardloop om die veld. Hy is so stil soos ’n muis. Sy been is seer. Baie seer. Sy hemp is so groen soos gras en sy broek so blou soos die hemel. Hy is so trots soos ’n pou, omdat hy gekies is vir die atletiekspan. Daarom sal hy hard oefen om die Beste in die Weste te wees. Hy hardloop so vinnig soos blits tot by die wenpaal. Die ander atlete sal so stadig soos ’n skilpad lyk as hy wegspring.

 

 20%

Tel hoeveel keer word die onbepaalde lidwoord gebruik.

Hoeveel sinne is in die leesstuk?

Hoeveel keer word die bepaalde lidwoord gebruik in die leesstuk?

In die leesstuk is vergelykings. Gee enige vergelyking wat te doen het met ’n dier.

Gee die enkelvoud van atlete.


 

Facebook
Telegram
WhatsApp
Pinterest
Twitter
Email

More >>>

Copyright 2021 © All rights Reserved. Best Education Solutions

error: Alert: Content is protected !! Right click on text is not allowed due to copy right protection.